Alweendo het kommer oor G7 se beperkings op Russiese diamante

Die mynbou-ministerie het kommer uitgespreek oor die G7-lande se voorgestelde beperkings op die invoer van Russiese diamante en sê dit moet met alle diamantproduserende lande bespreek word. Dit sê beperkings sal ‘n negatiewe sosio-ekonomiese impak hê op diamantproduserende lande in Afrika, insluitend Namibië. As die verifikasie van alle diamante wat die G7 en EU binnegaan deur ‘n “enkele nodus” in Antwerpen gedoen word, sal dit blokkasies en vertragings en dus hoër koste veroorsaak. Die voorstel sal ook die Kimberley-proses sertifiseringskema irrelevant maak, wat “ons soewereine reg sal ondermyn om die handel in ons diamante te bestuur en in die beste belang van ons mense”.