‘Israel het verpligtinge’, soos dodetal 20 000 bereik

Die dodetal in die oorlog in die Midde-Ooste het tot 20 000 Palestyne gestyg met Israel wat voortgaan om die strook aan te val. Intussen sal die Veiligheidsraad van die VN eers vanmiddag om vyf-uur Namibiese tyd stem om wat nou ‘n humanitêre pouse is en nie ‘n skietstilstand nie. Die VSA kom onder skoot vir sy volgehoue ondersteuning van Israel en daarom die vertraging in die VN-vergadering omdat lede bang is vir ‘n veto deur die Amerikaners. Maar, die land se minister van buitelandse sake Antony Blinken sê Israel het verpligtinge.