Trump sê Colorado-hof maak dag hartseer in VSA

Donald Trump het Woensdag as ‘n hartseer dag in Amerika verklaar nadat die hooggeregshof in Colorado hom van die presidensiële stembrief in die deelstaat gediskwalifiseer het, oor die opstand van 6 Januarie. Trump kan ‘n appèl aanteken, wat na die Amerikaanse hooggeregshof kan gaan. Steven Cheung, ’n Trump-veldtogwoordvoerder, sê die veldtog het volle vertroue dat die Amerikaanse hooggeregshof vinnig in hulle guns sal beslis. Ongeag of die beslissing gehandhaaf word, sal die debat waarskynlik ‘n noukeurige ondersoek na Trump se betrokkenheid by die aanval op 6 Januarie teweegbring.