Vervoerfirmas stel maatreëls in teen kapings
Die Namibiese Revolusionêre Vervoervakbond, Naretu, is steeds bekommerd oor die toenemende vragmotorkapings in Suid-Afrika. Die vakbond se hoofbevelvoerder, Petersen Kambinda, sê Namibiese vragmotorbestuurders, veral dié wat gemengde vragte dra, het slagoffers geword van kapings, wat finansiële verliese tot gevolg gehad het. Kambinda beklemtoon die behoefte vir werkgewers om versekeringspolisse in te stel wat vragmotors, vrag en die veiligheid van hul werknemers dek. FP du Toit Transport se besturende direkteur, Stephan Terblanche, sê logistieke maatskappye implementeer onmiddellike reddingsplanne om die situasie aan te spreek.