Advokaat uit brand-ondersoek geskop

Die voorsitter van die kommissie van ondersoek na die brand van die Usindiso-gebou, regter Sisi Khampepe, het advokaat Thulani Makhubela van die verrigtinge oor die dodelike brand in Marshalltown in Johannesburg verskoon. Die Socio-Economic Rights Institute het die aansoek ingedien nadat ‘n reeks plasings wat pro-Operasie Dudula en anti-buitelanders is op sy X-rekening verskyn het. Khampepe sê Makhubela se steun vir xenofobiese strooptogte bewys hy sal nie onpartydig kan wees in die kommissie nie.