Uraanmyne neem toe, en so werksgeleenthede

Die regering het twee nuwe lisensies vir uraanmyne uitgereik in die afgelope twee weke. Bannerman Energy het die mynlisensie vir sy vlagskip Etango-uraanprojek in die Erongo-streek, sowat 30 kilometer suid-oos van Swakopmund, ontvang. Reptile Uranium het ook ‘n mynlisensie ontvang vir sy Tumas-projek, naby die Langer Heinrich-myn op die C28-pad, 60km vanaf Swakopmund. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse energiekenner Chris Yelland gesels, wat sê Namibiërs sal meestal deur indiensneming baat vind na die oplewing in uraan-mynaktiwiteite.