Stormskade in SA kos versekeraars R35 miljoen

Versekeringsmaatskappye in die buurland sê storm-, weerlig-, hael- en windskade-eise in November het sowat 35 miljoen Suid-Afrikaanse rand beloop. Voertuig-eise vir haelskade het 15,5 miljoen rand beloop, met 2,3 miljoen vir stormskade en meer as 12 151 vir voorruitskade-eise. Voertuig-eise na die storms het 17,8 miljoen rand beloop, terwyl huiseienaars met huishoudelike polisse 17,3 miljoen rand geëis het. Die hoofbestuurder: Spesiale Risiko’s by die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging, Pamela Ramagaga, is bekommerd oor die uitwerking wat ekstreme weerverskynsels weens klimaatsverandering op die sektor het.