China teken sy laagste temperature ooit aan
‘n Erge kouefront het temperature tot historiese laagtepunte in Noord-China laat daal en rekords in provinsies soos Shanxi, Hebei en Binne-Mongolië verbeter. ’n Waarskuwing van lae temperature vir drie dae is in die noorde, ooste en suidooste van China uitgereik. Die nasionale weerkantoor het temperature ver onder vriespunt aangemeld, met Datong in Shanxi op minus-33 grade Celsius en Qingshuihe, in Binne-Mongolië, wat gister op minus-29 grade gestaan het. Die uiterste koue volg op ‘n somer van rekord temperature en verwoestende vloede, wat kommer laat ontstaan oor die uitwerking van aardverwarming op weerpatrone.