Assange se laaste appèl neergelê vir Februarie

’n Laaste appèl om te verhinder dat die stigter van WikiLeaks, Julian Assange, aan Amerika uitgelewer word, sal in Februarie in Londen aangehoor word. Assange word sedert April 2019 in die hoë-sekuriteit Belmarsh-gevangenis in suidoos-Londen aangehou. Hy is in hegtenis geneem nadat hy sewe jaar lank in Ecuador se ambassade in Londen deurgebring het om te verhinder dat hy aan Swede uitgelewer word waar hy op aanklagte van seksuele aanranding verhoor sou word. Die saak is later laat vaar. Amerikaanse owerhede wil die Australiese uitgewer vervolg omdat hy Amerikaanse militêre geheime oor die oorloë in Irak en Afghanistan uitgeblaker het.