Namibiese bouers suip steeds aan agterspeen

Die tender vir Namfisa se nuwe hoofkantoor, wat sowat 237 miljoen Namibiese dollar werd is, is deur die Sentrale Verkrygingsraad aan die Chinese maatskappy China State Construction and Engineering Corporation toegestaan. Dertien maatskappye het gebie waarvan tien Chinees was. Die toekenning kom te midde van protes deur die Konstruksie Industrie-federasie wat amok maak omdat Namibiese boumaatskappye uiters swaar kry terwyl Chinese maatskappye al die groot tenders losslaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Bärbel Kirchner, hoof uitvoerende beampte van die federasie, gepraat.

Kirchner hoop dat Namibiese konstruksiemaatskappye volgende jaar aandag van die regering sal kry.