Baba agter Usakos-winkel gevind 

‘n Baba van ongeveer sewe maande is in die Hakaseb-nedersetting op Usakos naby ‘n bekende winkel gevind. Die dogtertjie is op die grond gevind en sy lewe. Die mag sê die kleintjie is na die dorp se staatshospitaal geneem en is gesond verklaar. Die mag se spesiale ondersoekeenheid vir geslagsgeweld-aangeleenthede het die saak oorgeneem en die ondersoek na die kind se ma is geloods.