Vier vas vir diefstal van 15 bokke

Die Namibiese polisie sê vier Namibiërs sal Donderdag in die Tsumeb-landdroshof verskyn na hulle vermoedelik 15 bokke by ‘n plaas net buite die dorp gesteel het. Die mag beweer dat daar ‘n kraal op die plaas gemaak is en die bokke is daar geslag en na die Kuvukiland informele nedersetting in die dorp vervoer. ‘n Lid van die publiek het gesien hoe die vleis afgelaai word en die polisie ingelig. Net 11 karkasse is teruggevind en die totale waarde word op 30 000 Namibiese dollar beraam. Die eienaar van die huis waar die vleis afgelaai is, ‘n 44-jarige vrou, die taxi-bestuurder, ‘n 27-jarige man, en die twee vermeende veediewe, 23 en 24 jaar oud, is gearresteer.