Japan skenk mildelik om plaaslike boere te steun

Farmer Field Schools, ‘n groepgebaseerde volwasse leerbenadering wat boere leer hoe om selfstandig te eksperimenteer en probleme op te los, is aan deelnemers van al 14 streke in Namibië gelewer. Die projek is deur die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie ingestel en die regering van Japan het 4,3 miljoen Namibiese dollar bygedra. Volgens die Japannese ambassadeur in Namibië, Hisao Nishimaki, het die land in die laaste twee jaar plaaslike landbou-projekte met 22 miljoen dollar befonds. Nishimaki het by ‘n Farmer Field Schools sertifikaat-oorhandiging in Rundu gesê die opleiding het ten doel om jeug-werkloosheid te verlig.