Ivoorkus opgewonde oor Afrika Nasiebekerreeks

Sokker: Die ambassadeur van die Ivoorkus in Suid-Afrika, Sakaria Kone, het sy opgewondenheid uitgespreek en gesê sy land is gereed om die Afrika Nasiebekerreeks in 2024 aan te bied. Die toernooi, waaraan 24 lande gaan deelneem, word van 13 Januarie tot 11 Februarie gehou om nie te bots met die reënseisoen nie. Die huidige kampioene, Senegal, sal hulle titel verdedig en die twee top spanne in elke groep dring na die uitklopfases deur, saam met die vier beste spanne wat derde geplaas is. Kone sê die toernooi sal ook die belangrikheid van sport in die besigheidswêreld toon.