Swapo van korrupsie ontslae raak? Nooit, sê Venaani

Uahekua Herunga, die adjunk-sekretaris-generaal van Swapo, sê die party sal in 2024 beslissend optree teenoor diegene wat van korrupsie beskuldig word. Herunga het by ‘n mini-Swapo-saamtrek by Sun City informele nedersetting in Rundu ‘n beroep op lede en staatsbeamptes gedoen om korrupsie-vry te wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met McHenry Venaani, leier van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, wat sê as die regerende party van korrupsie ontslae wou raak, sou hulle dit lankal gedoen het.