DA vat sakeman hof toe oor vals-nuus klankgreep

Die DA neem regstappe teen ‘n sakepersoon van Richardsbaai, Sheldon Cramer, wat glo skaamteloos vals nuus en inhoud op sosiale media-platforms gemanipuleer het. Cramer het met die TikTok-naam, @bobbygreenhash, ‘n vervaardigde klankgreep versprei waarin die DA-advokaat, Glynnis Breytenbach, glo praat. Daarvolgens het die federale leier, John Steenhuisen, die Wes-Kaap as kollateraal aangebied vir ‘n multi-miljoen Suid-Afrikaanse rand lening van die Bezos-stigting in Amerika. Breytenbach sê die kwaadwillige stemnota bevat ook ‘n direkte dreigement teen Steenhuisen.