Luiperdjag-etikette nou beskikbaar

Die omgewingsministerie sê luiperd-etikette is nou beskikbaar. Diegene wat ‘n etiket toegeken wil word moet die ministerie se kantoor kontak. Dit is belangrik om daarop te let dat betaling vir die etiket, teen 5 000 Namibiese dollar moet eers gemaak word en betaling moet voor einde Januarie volgende jaar gedoen wees. Die kwitansie is nodig om die bevestigingsbrief te ontvang.