Haufiku sê oor WGO Pandemie-verdrag

Die gesondheid-ministerie sê hulle is bly om kennis te neem van die publiek se belangstelling in die onderhandelinge oor die globale Pandemie-verdrag en wysigings aan die Internasionale Gesondheidsregulasies van 2005. Die ministerie waarsku die publiek egter sterk teen wat hy noem verkeerde inligting en disinformasieveldtogte oor die prosesse. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die voormalige gesondheid-minister, dr. Bernhard Haufiku, wat sê die verdrag is ‘n belangrike aspek van lande se gesondheidsorg, en die publiek moet bewus wees dat verkeerde inligting daaroor versprei kan word.