Baba ses keer in kroeg gesteek 

Die Namibiese polisie het ‘n gru-voorval op Uis aangemeld. ‘n Babaseun is ses keer met ‘n onbekende voorwerp gesteek, oor sy kop, gesig, rug en arms. Die kind is ernstig beseer en sy toestand word as stabiel beskryf. Dit is nie bekend wie die baba, wat se ouderdom onbekend is, aangeval het nie maar, die voorhal het half-twee Saterdagoggend in ‘n kroeg op Uis plaasgevind. Intussen, ook Saterdag, is ‘n dooie baba van ongeveer sewe of agt maande agter die Hakahana ope-mark gevind. Die oorskot is in ‘n asdrom gevind deur ‘n lid van die publiek wat op soek was na kos.