Korrupsie ondermyn eenheid in SA
Die politieke ontleder en medeprofessor aan die Wits Bestuurskool, William Gumede, sê versoening en eenheid in Suid-Afrika is ondermyn deur staatsmislukkings en korrupsie. Sy opmerking kom nadat die land die naweek Versoeningsdag gevier het onder die tema, Versterk Eenheid en Maatskaplike Samehorigheid. Gumede het kommer uitgespreek dat leiers nie in die belang van Suid-Afrikaners regeer nie.