Studie wys sewe uit 10 Suid-Afrikaners wil gaan stem

Die 2023-versoeningspeiling van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening onthul dat sewe uit tien Suid-Afrikaners beplan om in volgende jaar se verkiesing te stem. Die peiling meet vordering met versoening, met meer as 2 000 Suid-Afrikaners wat vrae beantwoord het oor die politieke kultuur, insluiting, maatskaplike samehorigheid, die nalatenskap van apartheid, rasse-versoening en persepsies oor verandering. ‘n Navorser by die instituut, Kate Lefko-Everett, sê die studie het lae vlakke van vertroue uitgelig in die groot politieke partye, wat dui op meer steun vir nuwe en kleiner partye.