Shami nie fiks genoeg vir SA toetse

Krieket: Die Indiese snelbouler Mohammed Shami is nie beskikbaar vir die reeks van twee toetse teen Suid-Afrika wat dié maand begin nie, omdat hy nie sy fiksheid kon herwin nie. Shami is vroeër in die groep ingesluit, afhangende van sy fiksheid. Hy het ‘n sleutelrol gespeel in Indië se onlangse Wêreldbekerveldtog en 24 paaltjies ingepalm in sewe wedstryde, wat hom die meeste paaltjies in die toernooi laat inoes het. Die medium-snelbouler Deepak Chahar het hom ook weens ‘n familienoodgeval aan die eendag-groep onttrek. Die eerste wedstryd in die eendagreeks begin môre in Johannesburg.