VN help DR-Kongo met verkiesings-logistiek

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het ingestem dat sy vredessending in die Demokratiese Republiek van die Kongo logistiese steun kan verskaf vir volgende week se verkiesing. Kiesers sal Woensdag hulle kruisies trek. Die DRK is een van die wêreld se armste lande, ondanks reuse-minerale rykdom. Kinshasa het die VN-sending om hulp gevra met die vervoer van materiaal vir die algemene verkiesing, terwyl hy ook wil hê die sending moet die land verlaat. Daar sal gestem word vir ‘n president, en vir wetgewers op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak.