Werksomstandighede van sekuriteitswagte in die nuus
Die welstand en werksomstandighede van sekuriteitswagte is weer in die nuus na die betrokke vakbond, Natau ‘n ooreenkoms met werkers en werkgewers onderteken het. Talle besighede wat wagte benut sorg nie dat hulle skuiling het nie en daar is ook dan nie enige toiletgeriewe nie. Talle betaal ook nie die minimumloon nie, en wagte, wat reeds min verdien, moet hulle eie uniforms ook betaal. Kosmos 94.1 Nuus het met Celeste Mhunduru, van die Sekuriteitsvereniging van Namibië gepraat oor die ooreenkoms en of dit die stand van sake sal verbeter.