Onderstepoort moet perdesiek-entstof vinniger verskaf
Die DA doen ‘n dringende beroep op Onderstepoort Biologiese Produkte om die kritieke tekort aan entstowwe vir Afrika-perdesiekte aan te spreek, wat perdeboere magteloos laat. Ondanks beloftes wag boere steeds vir belangrike entstowwe, wat die DA genoop het om die minister van Landbou, Thoko Didiza, te versoek om hulp uit die private sektor te bekom. ʼn Woordvoerder van die DA, Noko Masipa, sê ‘n versoekskrif wat betrokkenheid van die private sektor ondersteun, met meer as 11 000 handtekeninge, bly onbeantwoord: