Stad Whk reageer op kommentaar oor skuldverligting
Stad Windhoek het skerp gereageer op kommentaar deur inwonerskomitees oor sy skuld-verligtingsprogram. Die Stad sê hy het nie die besluit gemaak na klagtes nie maar, inteendeel, hy werk reeds meer as ‘n jaar aan die plan. Die raad het die afskryf van 524 miljoen Namibiese dollar goedgekeur – maar met voorwaardes. Die skuld wat in aanmerking kom moet voor 30 November vanjaar wees. Vir pensioenarisse, sal 100 persent afgeskryf word as hulle aansoek vir voorafbetaalde meters gedoen het. Maatskappye en huishoudings sal 50 persent af kry op skuld maar, die kapitale bedrag moet binne ses en 12 maande afgelos word. Die raad het in 2018 191 miljoen dollar se skuld afgeskryf en sedertdien het skuld 1,2 miljard dollar bereik.