Moenie mors nie en kyk uit vir roofdiere

Die omgewing-ministerie doen ‘n beroep op vakansiegangers en alle Namibiërs om omgewingsveiligheid in ag te neem tydens die feesseisoen. Die ministerie beklemtoon daar is ‘n onmiddellike behoefte om hierdie feestyd op ‘n eko-vriendelike en volhoubare wyse te vier, met die fokus op drie uitdagings naamlik rommel, wildmisdaad en mens-wild konflikte. Omdat baie vakansiegangers hulself in die natuur gaan geniet, waarsku die ministerie dat veiligheid voor oë gehou moet word weens gevaarlike roofdiere wat binne en buite nasionale parke rondbeweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, gepraat.