BBP groei sterk teen 7,2 persent

Namibië se reële bruto binnelandse produk het in die derde kwartaal ‘n noemenswaardige uitbreiding getoon met ‘n sterk groei van 7,2 persent. Die Namibië Statistiek-agentskap sê dit verteenwoordig ‘n aansienlike toename vanaf die 5.4 persent wat in die derde kwartaal verlede jaar aangeteken is. Die ekonomie het ook ‘n prysenswaardige tendens gesien van 10 opeenvolgende kwartale van positiewe groei. Kosmos 94.1 Nuus het by Esther Simasiku, die agentskap se senior kommunikasie beampte, ‘n uiteensetting van die statistieke gekry