Vlugtelinge in Osire-kamp kry swaar

Vlugtelinge in die Osire-vlugtelingkamp naby Otjiwarongo ly onder geweldige armoede en honger, volgens ‘n nuwe verslag deur die Wêreldvoedselprogram, die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge en die VN se vlugtelingagentskap. Nege uit tien huishoudings is nie in staat om in hul lewensbehoeftes te voorsien nie en die helfte van diegene wat ondervra is, kan nie in hul voedselbehoeftes voorsien nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Yolande Engelbrecht van die regsbystandsentrum gepraat. Die sentrum het op ‘n gereelde basis regsadvies aan die vlugtelinge gegee, maar hul kontrak met die VN het onlangs ten einde geloop. Engelbrecht gee ‘n insig in die situasie.