Wees bedag op swendelaars!

Die Vereniging van Suider-Afrikaanse Reisagente het reisigers aangeraai om tydens die feestyd waaksaam te wees teen swendelary. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Otto de Vries, beklemtoon bedrogsake bereik hierdie tyd van die jaar ‘n hoogtepunt. De Vries beveel mense aan om te verseker hul gekose reisagentskap is ‘n lid van die vereniging om nie slagoffers van swendelary te word nie. Hy moedig reisigers ook aan om hulself te beskerm deur ‘n kredietkaart vir betalings te gebruik, wat ‘n ekstra laag sekerheid vir aankope bied.