Man verdrink in Von Bach-dam

‘n Inwoner van die Vyf rand-plakkerskamp buite Okahandja het in die Von Bach-dam verdrink toe hy en ‘n vriend gaan visvang het. Volgens Nampol is die oorledene geïdentifiseer as Matheus Shikololo. Hy het na bewering op ‘n stuk foamaliet geklim om na onwettige visnette in die dam te gaan kyk, maar het afgeval en verdrink. Sy liggaam is nog nie gevind nie, maar duikers van die spesiale reserwemagte is op pad om daarna te soek. Die polisie-ondersoek duur voort.