Proteas kan vandag T20-reeks wen

Krieket: Die Proteas is vanmiddag vanaf 5-uur op die Wanderers in aksie in die derde en laaste T20 teen Indië. Die eerste wedstryd het uitgereën maar Suid-Afrika het die tweede wedstryd gewen en kan vandag die reeks beklink. Dis ook goeie voorbereiding vir die T20 Wêreldbeker aanstaande jaar maar die draaibouler van die Proteas, Tabraiz Shamsi, sê hulle fokus net op die onmiddellike uitdagings.