Swaar vakansieverkeer in buurland verwag

Die N3-tolkonsessie in die buurland waarsku motoriste om van vandag af swaar verkeerstoestande op die hoofroete tussen Johannesburg en Durban te verwag. Dit terwyl vakansiegangers na verskillende dele van die land begin reis, met môre boonop ʼn openbare vakansiedag. ʼn Woordvoerder van die N3-tolkonsessie, Thania Dhoogra, sê in die lig van die hoё verkeersvolumes en vragmotors wat ruim 40 persent van alle voertuie op die roete uitmaak, kan bestuurders hierdie feestyd heelwat druk op die paaie verwag.