Regter moet onttrek, vra Fishrot-beskuldigde

Die Fishrot-hofsaak is al weer uitgestel, hierdie keer nadat verdedigingsadvokaat Mbanga Siyomunji ‘n mosie ingedien het dat regter Moses Chinhengo hom van die saak moet onttrek. In hofstukke beskuldig Nigel van Wyk, Siyomunji se kliënt, Chinhengo van vooroordeel en sê hy is bang dat hy dalk nie ’n regverdige verhoor met Chinhengo op die bank sal kry nie. Chinhengo sal op 1 Maart volgende jaar die argumente van die aansoek oor sy onttrekking aanhoor. Chinhengo het ook opgemerk dat die beskuldigdes wat nog nie regsverteenwoordiging het nie, hierdie tyd moet gebruik om hul finansiële sake af te handel.