DBV dien beswaar in teen Gqeberha-ontginning

Die Nasionale Raad van DBV’s in Suid-Afrika sê hy het amptelik appèl aangeteken teen die voorgestelde 3D seismiese opname aan die suidoostelike kus van die land. Die multinasionale geowetenskap-tegnologiemaatskappy, CGG Services SAS, beplan om olie en gas in die kusgebied wat van Gqeberha tot Plettenbergbaai strek, te ontgin. Die maatskappy het verlede maand omgewingsmagtiging gekry. Die raad se woordvoerder, Jacques Peacock, sê onvoldoende oorweging is geskenk aan die aspekte van dierewelsyn tydens die voorlopige ondersoek- en magtigingsproses: