Diep kommer oor Gaza se hospitale

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die humanitêre ondersteuningstelsel in Gaza is op die rand van ineenstorting. Die organisasie het verlede week saam met verskeie ander agentskappe ‘n hoërisiko-sending na die Al-Ahli-hospitaal voltooi, waar hulle trauma- en chirurgiese voorrade afgelewer het. Dit was genoeg om 1 500 pasiënte te behandel, en 19 in ‘n bedenklike toestand na die Nasser Mediese Kompleks oor te plaas. Die WGO sê die aantal hospitale in Gaza se gesondheidstelsel het binne 66 dae verminder van 36 tot net 11, wat slegs gedeeltelik funksioneer. Die organisasie het sy oproep om ‘n wapenstilstand herhaal.