Kenia hef visums op

Besoekers aan Kenia van regoor die wêreld sal vanaf Januarie nie meer ‘n visum benodig nie. Keniaanse president William Ruto sê sy regering het ‘n digitale platform ontwikkel om te verseker dat alle besoekers vooraf ‘n elektroniese reismagtiging sal ontvang, in plaas daarvan om om ‘n visum aansoek te doen. Die toerismebedryf speel ‘n belangrike rol in Kenia se ekonomie. Kenia het ‘n eenvoudige boodskap aan die mensdom: Welkom Tuis! het Ruto gesê in ‘n toespraak in die hoofstad, Nairobi, by ‘n geleentheid ter viering van 60 jaar van onafhanklikheid van Brittanje.