Hou ‘n oog op skole in vakansietyd

Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, doen ‘n beroep op inwoners om hulle plaaslike skole, wat teikens vir vandalisme en inbrake is, fyn dop te hou aangesien skole vir die Desembervakansie sluit. Die departement wens al die onderwysers, leerders en ouers ‘n veilige en rustige feestyd toe. Maynier sê dit was ‘n opwindende jaar vir skole, met die instel van die BackOnTrack and Rapid School Build-program, tesame met ‘n magdom ander projekte.