Nog beroepe dat Cyril nie gesondheidsversekering bekragtig nie

Business Leadership SA sê indien die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering bekragtig word, kan dit ernstige gevolge inhou vir die land se ekonomie. Die wetsontwerp is tans by president Cyril Ramaphosa. Die uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê die regering se poging om ‘n enkelbetaler-fonds op die been te bring vir die verkryging van alle beduidende gesondheidsdienste in die land, vernietig basies die privaat gesondheidstelsel in die proses. Sy sê mediese beroepslui wat enige plek in die wêreld kan werk, het nou nog ‘n rede om die land te verlaat.