Zac Efron bring hulde aan Matthew Perry

Zac Efron, die Amerikaanse akteur wat bekendheid gewerf het vir sy hoofrol as Troy Bolton in die High School Musical-trilogie en ook die musiekrolprent Hairspray en die komediefilm 17 Again, het ‘n ster op die Hollywood Walk of Fame ontvang. Hy het tydens sy toespraak hulde gebring aan sy mede-akteur Matthew Perry, wat op 28 Oktober dood is.