Van Wyk kry N$20 000 borg, Esau is terug selle toe

Fishrot-beskuldigde Nigel van Wyk het borg van 20 000 Namibiese dollar bekom in die hoërhof vanoggend. Hy het die aansoek saam met oudminister Bernhardt Esau meer as ‘n jaar gelede in die hof gebring. Regter David Munsu het vanoggend uitspraak gelewer en Esau se aansoek van die hand gewys. Van Wyk is die eerste beskuldigde in die saak wat borg bekom het. Ricardo Gustavo was ook suksesvol maar sy borg is op appèl omgekeer. Die sogenaamde hoof-verdagtes in die saak is almal borg geweier. Van Wyk het vir Sacky Shanghala en James Hatuikulipi gewerk.