Uitspraak in Esau-borgaansoek vandag verwag
Daar word verwag dat hoërhofregter David Munsu vanoggend uitspraak sal lewer in die borgaansoek van die Fishrot-beskuldigdes, oudminister Bernhardt Esau en Nigel van Wyk. Esau het getuig dat hy nooit kwotas geallokeer het nie en het eenvoudig dokumente afgeteken. Hy het ook ontken dat hy ‘n twee-SIMkaart selfoon gevra het in ruil vir gunsies. Van Wyk het op sy beurt gesê hy was eenvoudig ‘n werknemer van oudminister Sacky Shanghala en James Hatuikulipi en was nie deel van enige bedrogspul nie. Alle aansoeke vir borg was tot dusver onsuksesvol. Ricardo Gustavo het borg gekry maar dit is op appèl omgekeer.