SA het ook hoë GBV-syfers tydens 16 dae

Nes in Namibië het geslagsgeweld tydens die 16 dae van aktivisme in Suid-Afrika ook voortgeduur. Numsa het kommer uitgespreek oor geweld teen vroue en kinders tydens die 16 dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog. Die woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, het ontstellende voorvalle van kindermishandeling onthul, met verwysing na ‘n gebrek aan polisiebeskerming in gemeenskappe. Dit sluit in ‘n onlangse voorval waar 33 kinders in ‘n kamer in Benoni, Ekurhuleni, toegesluit is. Hlubi-Majola beklemtoon die behoefte aan sigbare polisieteenwoordigheid om hierdie kwessies aan te spreek: