VN kan nie meer met minder doen nie

Humanitêre werkers het in 2023 128 miljoen mense bereik met kos, skuiling, medisyne en water en het, volgens die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres, dit reggekry met slegs ‘n derde van die fondse wat hulle nodig het. Guterres sê 2023 was die swakste jaar op rekord vir befondsing en waarsku dat die VN nie meer met minder kan doen nie.