F1 laat vaar ondersoek teen Wolff-egpaar
Formule Een se beheerliggaam, FIA, het die ondersoek na die Mercedes-spanleier, Toto Wolff en sy vrou Susie, hoof van die F1 Academy, laat vaar. FIA het ʼn ondersoek begin nadat ʼn tydskrif beweer het teenstanders sê die egpaar se verhouding kom neer op ʼn botsing van belange in die sport. Die beheerliggaam sê nadat die F1-gedragskode en beleid oor konflik van belange nagegaan is, is hulle tevrede die nakomingsbestuurstelsel is sterk genoeg om enige ongemagtigde bekendmaking van vertroulike inligting te voorkom.