Namcor slaag in likwidasie aansoek

Namcor se aansoek vir die likwidasie van Bigday Investment wat deur Anthony Abrahams besit word is vandag toegestaan in die hoërhof. Die maatskappy het reeds in June 2022 ‘n summiere vonnis teen Bigday ter waarde van amper 4,2 miljoen Namibiese dollar gekry wat nie betaal is nie. Bigday huur blykbaar Namcor se diensstasie by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe maar, kan nie die huurkostes, en die van die brandstof betaal nie. Die meester van die hof sal nou oorneem en ‘n likwidateur aanstel.