SA-minimumloon moet met 3% in ’24 verhoog word

Die Nasionale Minimumloonkommissie in Suid-Afrika beveel aan die minimum loon vir volgende jaar word met die verbruikersprysindeks plus 3 persent verhoog. Faktore wat vir die jaarlikse aanpassing oorweeg is, sluit inflasie, lewenskoste, werkgewers se vermoë om hul onderneming suksesvol voort te sit en die uitwerking op indiensneming of werkskepping in. Die kommissie se woordvoerder, Petunia Lessing, sê hulle het nog twee voorstelle en nooi belanghebbers uit om nog insette te lewer: