SA-publiek moet sê oor dwelmmisbruik-beleid

Die buurland se departement van maatskaplike ontwikkeling versoek openbare insette rondom die beleid oor die Voorkoming en Behandeling van Middelgebruik-versteurings wat onlangs in die Suid-Afrikaanse Staatskoerant gepubliseer is. Dit is daarop gemik om alkohol- en dwelm-uitdagings aan te pak, en bied ‘n platform oor die betrokkenheid van belanghebbendes en die funksionering van die Alkohol- en Dwelm-adviesraad. Mense word versoek om voor Sondag se sperdatum kommentaar te lewer. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die behoefte aan vinnige optrede is te wyte aan voortdurende dwelmmisbruik, veral onder kinders: