Gewilde Epukiro-toernooi skop Saterdag af

Die jaarlikse Epukiro-sokker- en netbaltoernooi, wat vanweë sy gewildheid ‘die moeder van alle feestelike toernooie’ in landelike Otjozondjupa en Omaheke gedoop is, skop Saterdag by die Okovimburu-sportvelde af. Dit eindig op 17 Desember. Vanjaar se kompetisie het 35 netbal- en 55 sokkerspanne gelok. Die toernooi se bemarkingsbestuurder, Ngatuuane Hange, sê dit is een van die grootste produsente van beide netbal- en sokkersterre, met byna 70 persent van hul spelers wat by die streeksligas en die Namibië Premierliga aansluit.