DeLHRA het steeds vrae oor jag van Mwezi

Desert Lion Human Relations Aid, of DeLHRA, het kommentaar gelewer oor die benutting van sogenaamde probleem diere vir trofeejag doeleindes. Die organisasie vra steeds vrae oor die jag van die agt-jarige leeumannetjie Mwezi in die noordweste van Namibië, in ‘n beskermde gebied, terwyl dit bekend was hy was besig om te paar met ‘n alleenlopende wyfie. Izak Smit van DeLHRA, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Hy het ook gevra dat Napha op die etiek van die jag moet kommentaar lewer.